Vakansiesorg is ‘n wonderlike manier om ‘n positiewe invloed te hê in kinders se lewens. Daar is talle kinders wat tydens vakansies in die Kinder- en Jeugsorgsentrums moet aanbly, omdat daar niemand is wat hulle kan inneem nie.
Mevrou Sarah Bruintjies is een van Badisa Tygerberg se vakansie ouers vir kinders wat in Kinder- en Jeugsorgsentrums geplaas is. Hier is ‘n paar interessante feite omtrent mev Bruintjies:
1. Sy is reeds 87 jaar oud
2. Sy is ‘n pleegouer van twee kinders
3. Sy is elke vakansie ‘n vakansie ouer vir vyf kinders.
Indien jy oorweeg om, soos mev Bruintjies, ‘n vakansie ouer te wees, skakel Badisa Tygerberg by 021-9399120 vir verdere inligting.
*Mev Bruintjies het toestemming gegee dat die video gepubliseer mag word op sosiale media