Deur: Charlene van Romburgh

Ons werklikheid word elke dag omring met politiek, armoede, swaarkry, depressie en die onsimpatiek van uitgeputte bronne.

Ons begin verby mekaar lewe, ons sukkel om ons kop op te lig, en ons begin verwyt en blammeer.

“Dis die realiteit.”

“Ons mag nie kla nie.”

“Niemand luister tog na ons nie.”

“Ek voel die lewe is nie vir my nie.”

“Ek sal liewer nie praat nie.” 

“Die regering doen niks nie, mevrou” 

Dis die kommentaar wat maatskaplike werkers daagliks mee uitgedaag word. Snaaks hoe die wêreld uit draai… Want tussen ons werkers is daar ook sosiale probleme, omstandighede en hulpeloosheid.

Terwyl ek so tussen deur al die negatiwitwieit omsingel word, word ek herinner aan… Die ‘mooi’ van ons werk… Die weerloosheid van ons kinders en gemeenskappe, en die feit dat ek ‘Jesus’ na hulle toe bring. ‘Jesus’ vir hulle kan wees, en net soos die vrou wat aan bloedvloei gelei het in die Bybel, en n behoefte gehad het om net aan Jesus se kleed te raak, so het ons gemeenskap ook ‘n verwagting van ons maatskaplike werkers.

Met dit bedoel ek nie ons is Jesus nie, maar eerder ons is Jesus se dissipels. Ons volg. Ons lei. En ons gehoorsaam.

Mag ons vandag soos hierdie klein mensie in my arms, onbewus van sy realiteit, sonder bekommernisse en vrese,  uitsien na more. Mag ons hoop hê en die belangrikste mag ons geloof behou in hierdie tyd van swaarkry. Elkeen van ons het iets om te gee. Al is dit net n gewillige oor. Mag elkeen van ons vra… Wat gee ek?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *