Badisa Tygerberg beskik tans oor ‘n vakatures vir ‘n geregistreerde Maatskaplike Werker. Aansoeke van entoesiastiese, verantwoordelike en gemotiveerde persone wat Badisa se waardes onderskryf (www.badisa.org.za) word vir bogenoemde betrekking ingewag.
Posvereistes:
- ‘n Graad of diploma in Maatskaplike Werk
- Registrasie by die Raad op Maatskaplike Diensberoepe (bewys van registrasie en betaling vir 2024/2025 moet voorsien word)
- ’n Geldige rybewys
- Afrikaans en Engels magtig wees
- Rekenaarvaardigheid op woordverwerkingsprogram
- Die vermoë om binne spanverband, sowel as onafhanklik, te werk
- Goeie kommunikasie vaardighede
Adres: Skiereiland- Noordelike Stadsgebiede
Diensaanvaarding: 1 Augustus 2024 of so gou moontlik daarna
Sluitings datum: 15 Julie 2024
Stuur ’n volledige CV, afskrif van registrasie by SACSSP en rybewys aan oc@badisatygerberg.org.za. Geen aansoeke wat nie aan die posvereistes voldoen sal oorweeg word nie.
Indien u nie binne twee (2) weke na die sluitingsdatum gekontak word nie, beskou dan die aansoek as onsuksesvol.